top of page
Search
Writer's picture90.6 FM News

Michael Pretorius ondergaan weer ‘n operasie.

Die geliefde seun van die Vaaldriehoek, die 21-jarige Michael Pretorius het onlangs die slegte tyding gekry dat sy linkerbeen geamputeer sal moet word. Michael het aanvanklik goed aangesterk in ‘n rehabilitasiesentrum in Alberton nadat hy op die 21ste Julie geopereer is om verskeie frakture in sy bene met penne en plate te heg. Michael het intussen ‘n terugslag gehad.Michael se pa, Nicky Pretorius Senior het aan die 90.6FM nuusspan gesê daar het intussen nekrose in sy linker been en voet ingetree.

Michael word tans behandel vir hoë vlakke van infeksie en die dokters sal die operasie uitvoer sodra die infeksie opgeklaar het.Dit volg na hy en sy broer Nicky die 28ste Junie in ‘n baie ernstige motorongeluk was by die Sasolburg afrit, tussen Vaalpark en Sasolburg. Nicky het ongelukkig die volgende oggend aan sy beserings beswyk.



8 views0 comments

Recent Posts

See All

コメント


bottom of page