Midvaal begin met herstel van Johan le Roux-weg teen R18-miljoen
- 90.6 FM News
- Feb 29, 2024
- 1 min read
MEYERTON - Die Midvaal-munisipaliteit in Gauteng het met die rehabilitasie van Johan le Roux-weg in Meyerton begin teen 18-miljoen-rand. Die munisipaliteit sê die pad speel ‘n kritieke rol vir die vervoer van goedere en dienste wat vir die plaaslike ekonomie noodsaaklik is. Hy sê Johan le Roux-weg het oor die jare agteruitgegaan weens onder meer verwering, weerstoestande, verkeervrag en ander omgewingsfaktore. Dit sal na verwagting ses maande duur om die projek af te handel.



Comments