top of page
Search

Midvaal brei sy vloot uit om openbare veiligheid te verbeter

MIDVAAL - Die Midvaal Plaaslike Munisipaliteit het sy vloot uitgebrei om die veiligheid en sekuriteit van alle inwoners en besoekers te verseker. Die Uitvoerende Burgemeester, Ald Peter Teixeira, en die MMC vir Openbare Veiligheid en Paaie, Cllr Chantal Gomes, sê een van die belangrikste burgemeestersverpligtinge is om te verseker dat die gemeenskap veilig voel. Daarom het Midvaal in 'n toonaangewende boot, Marine 1, vir Vaal Marina belê. Die munisipaliteit sê dié belegging sal Vaal Marina ’n veiliger en aantrekliker toeristebestemming maak, veral gedurende die vakansieseisoen. Teixeira sê hulle het ook twee hoëprestasie-Ford Raptors by hul wetstoepassings-reaksievoertuigvloot gevoeg. Hy sê hierdie voertuie is toegerus met die nuutste tegnologie, wat hulle sal help om die gemeenskap veilig te hou.

FOTOS: (Midvaal Plaaslike Munisipaliteit)






2 views0 comments

Comments


bottom of page