Midvaal-burgemeester verwelkom nuwe R3,7-miljoen vloot vir beter dienslewering.
- 90.6 FM News
- Jan 24, 2024
- 1 min read
MIDVAAL - Die burgemeester van die Midvaal-munisipaliteit, Peter Teixeira, het ‘n nuwe vloot van tien trekkers en vier gevorderde snymasjiene in ontvangs geneem. Die vloot is deur middel van die kapitaalbegroting verkry, teen ‘n koste van R3,7-miljoen. Teixeira sê dié nuwe toevoegings sal die munisipaliteit se bestaande vloot versterk. Daar is nou altesaam 28 trekkers. Hy sê dié belegging herbevestig hulle toewyding om die netjiese voorkoms van gemeenskappe te handhaaf, en so ‘n goedversorgde en aangename omgewing vir alle inwoners te verseker.
Commentaires