top of page
Search

Midvaal munisipaliteit herstel meer as 16,000 slaggate die afgelope jaar

Writer: 90.6 FM News90.6 FM News

MIDVAAL - Die DA in Gauteng sê die Midvaal Plaaslike Munisipaliteit het oor die afgelope boekjaar meer as 16 000 slaggate herstel. Die munisipaliteit, onder leiding van die DA, sê sy #ProudlyMidvaal Paaie-span het die afgelope boekjaar ongelooflike vordering gemaak, padveiligheid verbeter en voertuigskade verminder. Altesaam 16,588 slaggate is die afgelope boekjaar in die Midvaal-omgewing reggemaak. Die DA in Gauteng sê sy Midvaal-regering gaan voort om die standaard vir uitnemendheid te stel aangesien hy 'n sterk reputasie het om jaar na jaar skoon oudits te behaal en daartoe verbind is om die beste dienste aan alle inwoners te lewer.

FOTOS: (Midvaal)



 
 
 

Recent Posts

See All

Comments


906 VCR BANNER.png
bottom of page