top of page
Search

Midvaal Plaaslike Munisipalieit herinner inwoners aan die vervanging van elektrisiteit meters.

MIDVAAL - Die Midvaal Plaaslike Munisipaliteit het inwoners herinner aan die vervanging van die ou elektrisiteit voorafbetaalde meters vir TID voldoening. Waarnemende Munisipale Bestuurder, Zakhele Mhlongo sê die KEO-groep is aangestel as die professionele diensverskaffer om die projek uit te voer. Die projek loop reg oor die Midvaal-gebied van elektrisiteitsvoorsiening. MLM het inwoners versoek om alle uitstaande tekens in te slaan voor die vervanging van hul meters. MLM sê meters word gratis vervang. Geen inwoners behoort enige koste te betaal nie, maar daar is gevalle waar die inwoners die bedrading van elektrisiteitstoevoer sal moet herbedraad wat 'n mate van koste kan meebring. In sulke gevalle sal die geaffekteerde eienaar van die eiendom in kennis gestel word. Die aangestelde diensverskafferpersoneel sal toegang benodig tot alle eiendomme wat geraak word. MLM lig sy inwoners in dat dit 'n munisipalite by-wet oortreding is om 'n amptelik geakkrediteerde diensverskaffer te verhinder om 'n taak uit te voer en lede van die publiek wat hulself skuldig maak hieraan en personeel teister, sal gepenaliseer word. Die KEO-groeppersoneel sal duidelik gemerkte klere met identifikasie dra, in voertuie gemerk met die KEO-groeplogo ry, en hulle sal in besit wees van 'n aanstellingsbrief van Midvaal Plaaslike Munisipaliteit.



 
 
 

Recent Posts

See All

Comments


Sleepwa Parte Apr 25_VCR Banner.png
bottom of page