Minister Steenhuisen beklemtoon die belangrikheid van bek-en-klouseerregulasies
- 90.6 FM News
- Jun 24
- 1 min read
HEIDELBERG - Die minister van Landbou, John Steenhuisen, sê mense wat nie aan bek-en-klouseerregulasies voldoen nie, sal strafregtelik aangekla word. Steenhuisen het gister die Karan Beef-voerkraal in Heidelberg in die Vaaldriehoek besoek nadat ‘n geval van bek-en-klouseer bevestig is. Hy sê 900,000 entstowwe het verlede week in Suid-Afrika aangekom en inentings het oor die naweek begin. Nog ‘n aflewering word verwag, en die regering beplan om voort te gaan met die aankoop van entstowwe om die uitbreking in Gauteng en KwaZulu-Natal te beheer. Minister Steenhuisen het ook nuwe regulasies oor veilings, dierevervoer en bio-sekuriteitsprotokolle aangekondig, en ‘n beroep op die hele waardeketting gedoen om saam te werk. Hy sê diere mag slegs met gesondheidsertifikate verskuif word en mag nie met ander gemeng word totdat hul gesondheidstatus bevestig is nie.
Comments