top of page
Search

Minister van Gesondheid stel NGV en laboratoriumdienste voorop te midde van kuberaanval

VAALDRIEHOEK - Die minister van Gesondheid, Aaron Motsoaledi, sê sy belangrikste agendas in sy pos sluit in die instel van die Nasionale Gesondheidsversekering en die verbetering van die kubersekerheid van die Nasionale Gesondheidslaboratoriumdiens. Motsoaledi sê dokters sukkel om bloeduitslae te bekom weens 'n inligtingstegnologie-sekerheidsbreuk ná 'n kuberaanval. Hy sê verder sy departement sal die NGV verdedig indien daar regsuitdagings in die hof is, en wys daarop hierdie versekering is tot voordeel van alle Suid-Afrikaners.

Die gesondheidsvakbond HAITU doen intussen 'n beroep op Motsoaledi, om die instel van die Nasionale Gesondheidsversekering voorkeur te gee. HAITU se hoofsekretaris, Lerato Mthunzi, beklemtoon die NGV sal gesondheidsorgregte en gelyke toegang vir almal verbeter. Sy doen verder 'n beroep op Motsoaledi om besuiniging in gesondheidsorg te beëindig en staatsbefondsing toe te laat om dienslewering te verbeter en staatsbefondsing vir gesondheidsorgdienste vir die armste gemeenskappe te verseker.

FOTO: (Verskaf)


 
 
 

Recent Posts

See All

Comments


Sleepwa Parte Apr 25_VCR Banner.png
bottom of page