Minister van Gesondheid verdedig NGV oor gelyke toegang tot gesondheidsorg vir almal
- 90.6 FM News
- Feb 13
- 1 min read
VAAL DRIEHOEK - Die minister van Gesondheid, Aaron Motsoaledi, sê die Nasionale Gesondheidsversekering verseker gelyke toegang tot gesondheidsorg aan alle Suid-Afrikaners, ongeag hul inkomste. Hy het kritiek verwerp en aangevoer baie mense staan die stelsel teen sonder om die wet ten volle te verstaan. Motsoaledi het ook tydens die staadsrededebat kritiek deur die DA verwerp en gesê privaat gesondheidsorg kon nie daarin slaag om omvattende dekking te bied nie. Hy dring aan die NGV sal voortgaan ondanks teenkanting.
Comments