top of page
Search
Writer's picture90.6 FM News

Motoriste word aangeraai om hul status op die AARTO-webwerf na te gaan.

VAALDRIEHOEK - Die Organisasie teen Belastingmisbruik sê hy het klagtes ontvang oor afdwingingsbevele wat uitgereik is vir ou verkeersboetes, en dit voorkom lisensie-hernuwings. Die organisasie onthul die Padverkeersoortredingsagentskap skakel boetes van 2019 om na afdwingingsbevele, wat hernuwings in die wiele ry. Outa voer aan hierdie proses oortree die tydsbeperking wat die Wet op die Administratiewe Beregting van Padverkeersmisdrywe stel. Stefanie Fick van OUTA raai motoriste aan om hul status op die AARTO-webwerf na te gaan en indien nodig, aansoek te doen om herroeping.




8 views0 comments

Comments


bottom of page