top of page
Search
Writer's picture90.6 FM News

‘n 27 jarige man in hegtenis geneem op aanklag van veediefstal in Heilbron

HEILBRON - Die SAPS in die Vrystaat het ‘n 27-jarige man in hegtenis geneem op aanklag van veediefstal. Dit volg nadat boere van die Heilbron-omgewing die gebied aan die grens van Heilbron en Oranjeville vrydag in die vroee oggendure gepatroller en op drie mans afgekom het wat besig was om a trop skape aan te jaag. Vrystaatste polisiewoordvoerder, Josephine Rani sê die drie mans het begin hardloop toe hulle die patrolleerders sien. Die boere kon daarin slaag om een van die mans aan te keer. Volgens Rani is die polisie ontbied en daar is belsag gele skape ter waarde van R128 000. ‘n Boer van Heilbron, Bertus van der Wesdthuizen sê die voormalige leier van ‘n veediefstalsidikaat in die omgewing het onlangs parool gekry en die persoon is van voor af aktief. Die verdagte sal binnekort in die landdroshof in Heilbron verskyn.


8 views0 comments

コメント


bottom of page