VANDERBIJLPARK - 'n Motorfietsryer van Vanderbijlpark, Renier Stols het in ‘n trompop motorfietsongeluk oor die naweek gesterf. Die 28-jarige weduwee, Leanne Stols het aan die 90.6FM nuusspan gesê Renier het haar omstreeks 17:20 Saterdagmiddag laat weet hy is oppad terug, nadat hy en vriende ‘n vriend se dogter na haar matriek afskeid op hul motorfietse begelei het. In plaas daarvan dat Renier by die huis opdaag, is sy is egter net na 18:00 verwittig van die ongeluk by die R42 Barrage en Ascot on Vaal kruising in Vanderbijlpark. ‘n Motoris wat by die botsing betrokke was, het glo skuld erken. Hy het op die ongeluk toneel gesê hy het die motorfiets sien aankom, maar hy het ‘n kans gevat en oor die pad gedraai. Hy was na bewering onder die invloed van alkohol. Die SAPS het ure later by die ongelukstoneel opgedaag. Leanne Stols sê op 33-jarige ouderdom was Renier in die vleuer van sy lewe. Hy was die eienaar van Vision Pools and Spa. Renier word deur ‘n 4-jarige dogter en 2 seuns oorleef. Die familie is in rou gedompel.
top of page
bottom of page
Comments