top of page
Search
Writer's picture90.6 FM News

‘n Beroep word gedoen op enigeen wat inligting het oor die moord in Barrageweg, Vanderbijlpark

VANDERBIJLPARK - Die Sharpeville SAPD ondersoek ’n moordsaak nadat die liggaam van ’n man oorkant die Isak Steyl-stadion in Barrageweg, Vanderbijlpark, in die rigting van Vereeniging, op die R42 gevind is. Die oorledene is uitgeken as die 20-jarige Nico Dean Venter. Hy is op Saterdag, 08 Junie as vermis aangemeld en sy liggaam is later dieselfde dag gevind. Die polisie is na die toneel ontbied deur ’n verbyganger waar hulle sy liggaam in die oop veld gekry het. Volgens die Gautengse polisiewoordvoerder Busiswe Sango was Nico Venter te voet op pad na Vereeniging vanaf Vanderbijlpark. Die polisie doen ’n beroep op enigeen wat moontlik inligting oor die moord het om die Stop Misdaadnommer by 08600 10111 te bel. Anonieme wenke kan ook gestuur word via die MySAPS-app vanaf ’n slimfoon. Die inligting sal as vertroulik gehanteer word.


9 views0 comments

Comments


bottom of page