VAALDRIEHOEK - Die ekonoom, Azar Jammine, waarsku verbruikers kan ‘n bykomende finansiële las opgelê word met die regering wat dit oorweeg om BTW te verhoog. Met stygende inflasie, rentekoerse wat die afgelope twee jaar met bykans vyf-persent gestyg het en salarisse wat vashaak, voel verbruikers reeds die vernouing. Volgens eNCA wys Jammine daarop dat verbruikers hulle al hoe meer tot krediet wend, en saam met die ekonomiese knyptang kan dit ‘n verhoging van die BTW-koers onafwendbaar maak. Aanwysers toon verbruikersbesteding is onder druk en Suid-Afrikaners staal hulle vir moeiliker finansiële tye wat voorlê, aangesien die regering met ekonomiese druk worstel.

Comments