top of page
Search
Writer's picture90.6 FM News

n Groot brandstofprysverlaging word volgende week verwag.

VAALDRIEHOEK - Motoriste van die Vaaldriehoek en die res van Suid-Afrika kry 'n vroeë Kersgeskenk die jaar. Die Sentrale Energiefonds dui groot brandstofprysverlagings aan vir volgende week. Daar word ‘n potensiële petrolprysverlaging van ongeveer R1-per-liter verwag, en tussen R2,22 en R2,28 sent per liter vir diesel. Die voorspelling is voorafgaande die brandstofprysveranderings wat deur die Departement van Minerale Bronne en Energie bekend gemaak sal word en Woensdag in werking tree. Die fonds skryf hierdie verlagings toe aan bestendige laer wêreldwye oliepryse in November, en sê dit bied verligting aan Suid-Afrikaanse motoriste en dra ook by tot inflasieverligting.





7 views0 comments

Comentários


bottom of page