VAALDRIEHOEK - Die minister van Hoër Onderwys, Wetenskap en Innovasie, Blade Nzimande, het ‘n nuwe befondsingsmodel in die Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente (NSFAS) bekend gemaak om die vermiste middelstudente te help. Die vermiste middel verwys na studente wie se jaarlikse, gesamentlike gesins-inkomste tussen R350,000 en R600,000 is en wat vir die skema kwalifiseer. Nzimande sê die aanvanklike kapitaalfonds vir vanjaar is R3,8-miljard en bestaan uit R1,5-miljard van die NSFAS-fonds en R2,3-miljard van die sektoropleiding- en onderwysowerhede.
FOTO: (Verskaf)
Comentários