‘n Nuwe elektrisiteitsprysbeleid word tans opgestel
- 90.6 FM News
- Mar 6
- 1 min read
VAALDRIEHOEK - Die Departement van Elektrisiteit en Energie sê hy sal 'n nuwe elektrisiteitsprys binne die volgende 30 dae publiseer. Elektrisiteitskoste het sedert 2010 in Suid-Afrika met meer as 408 persent gestyg. Die koste van elektrisiteit sal volgende maand weer met 12,6% styg. Munisipale kliënte sal meer betaal aangesien munisipaliteite hul winsopslag by hierdie verhoging sal voeg. Die nuwe prysbeleid sal 'n hersieningsmetodologie insluit wat deur die Nasionale Energiereguleerder van Suid-Afrika toegepas word om Eskom-tariewe te bepaal.
コメント