VAALDRIEHOEK - Vaal Traffic het vanoggend 'n waarskuwing uitgereik dat die N1 Suid tussen Grasmere en Kroonvaal druk verkeer ervaar. Motoriste word aangemoedig om geduldig te wees en eerder laat, as nooit, by hul bestemmings aan te kom.
Die Gautengse Verkeersdepartement, in samewerking met verskeie wetstoepassingsagentskappe, het intussen met verskerpte operasies regoor die provinsie begin om padveiligheid in die feestyd te verbeter. Bedrywighede sluit in maatreëls teen dronkbestuur, roekelose gedrag, veiligheid van openbare vervoer, voertuig-padwaardigheidondersoeke en bedrog-voorkoming. Die fokus is op hoofroetes, insluitend Pretoria – rigting N1 Polokwane en Johannesburg rigting – N3 Durban. Die departement se woordvoerder, Sello Maremane, doen ‘n beroep op padgebruikers om versigtig te wees en verkeersregulasies na te kom om voorvalle en sterftes op die paaie te voorkom.
FOTO: (IOL)
Comentários