top of page
Search

N3-tolkonsessie bekommerd oor grusame padongelukke oor feestyd

VAALDRIEHOEK - Die N3-tolkonsessie sê die groot getal ernstige en noodlottige padongelukke dié feestyd op die N3-tolroete tussen KwaZulu-Natal, die Vrystaat en Gauteng is kommerwekkend. Die bedryfsbestuurder, Thania Dhoogra, sê die ongelukke veroorsaak erge spanning vir die betrokke families en ook vir lede van die nooddienste wat op hierdie grusame ongelukstonele moet reageer. Dhoogra sê besige verkeerstoestande word van vandag af op die N3-noord na Gauteng verwag.

FOTO: (N3TC)


 
 
 

Recent Posts

See All

Comentarios


Sleepwa Parte Apr 25_VCR Banner.png
bottom of page