top of page
Search

Nasionale Drankhandelaars veroordeel die aksyns- en BTW-verhoging

VAALDRIEHOEK - Die Nasionale Drankhandelaars veroordeel die regering se aksynsbelasting-verhoging van bo inflasie en die verhoging in BTW, en waarsku oor ernstige gevolge vir taverne-eienaars en verbruikers. Die raad se sameroeper, Lucky Ntimane, sê die stygende koste sal meer mense na die onwettige drankbedryf lok, wat jaarliks reeds meer as R20-miljard beloop. Hy vra die regering om 'n bestendige belasting-regime in te stel en eerder toe te slaan op vervalste drank. Ntimane sê die beskerming van wettige ondernemings sal 500,000 werksgeleenthede help beskerm en ekonomiese groei steun.

Solidariteit het intussen die tesourie se voorstel om BTW met ‘n verdere persentasiepunt te verhoog oor die volgende twee jaar, as onaanvaarbaar beskryf. Die vakbond sê dié verhoging sal sukkelende huishoudings tot by ‘n breekpunt bring en deur dit voor te stel, wys hoe die regering hoegenaamd geen meegevoel met die mense van Suid-Afrika het nie. Volgens Theuns du Buisson, ekonomiese navorser van Solidariteit Navorsingsinstituut, kan geen politieke party hierdie onaanvaarbare begrotingsvoorstel aanvaar nie.

 
 
 

Recent Posts

See All

Comments


Sleepwa Parte Apr 25_VCR Banner.png
bottom of page