Nasionale Gesondheidslaboratorium steeds vanlyn na die naweek se kuberaanval
- 90.6 FM News
- Jun 26, 2024
- 1 min read
VAALDRIEHOEK - Al die Nasionale Gesondheidslaboratoriumdiens se IT-stelsels is steeds vanlyn na die naweek se kuberaanval. Die laboratorium se uitvoerende hoof, Koleka Mlisana, sê alle stelsels, intern en ekstern, na en van gesondheidsorgfasiliteite, is steeds ontoeganklik en sal so bly totdat die omgewing se integriteit herstel en veilig is. Dit is die enigste bron van laboratoriumdienste in die openbare sektor. Mlisana het vroeër in ʼn interne memo personeel die versekering gegee die betaalstelsel word nie geraak nie en salarisse sal soos gewoonlik betaal word.
コメント