top of page
Search

Nasionale Tesourie waarsku Emfuleni om pensioenbydraes oor te betaal

VAALDRIEHOEK - Volgens die VF Plus in Emfuleni het die nasionale tesourie (NT) die Emfuleni-plaaslike munisipaliteit vandeesweek gewaarsku om binne sewe dae personeel se pensioenbydraes aan hul pensioenfonds oor te betaal om verdere stappe te vermy. Die VF Plus se Gerda Senekal sê Emfuleni is een van die 39 munisipaliteite in die land wat hom skuldig maak aan dié wanbedryf om pensioenfondsbydraes nie oor te betaal nie. Senekal sê in Emfuleni se geval het die munisipaliteit meer as R6,5 miljoen se pensioenfondsbydraes in sy eie koffers gehou in stede daarvan om dit te betaal. Die NT het Emfuleni verder gewaarsku om sy historiese skuld van R1,7 miljard aan Rand Water te vereffen. Indien Emfuleni nie hieraan gehoor gee nie, sal die nasionale regering sy billike aandeel vir die oorblywende gedeelte van die 2025/26-finansiële jaar weerhou. Senekal sê die VF Plus sal volgehoue druk op die munisipaliteit toepas om te sorg dat uitstaande pensioenbydraes aan fondse oorbetaal word om te verhinder dat dit amptenare se pensioenfondsvoordele nadelig beïnvloed.

 
 
 

Recent Posts

See All

Comments


Sleepwa Parte Apr 25_VCR Banner.png
bottom of page