PARYS - ‘n Nigeriese burger het vanoggend, 25 Maart in die landdroshof in Parys verskyn op 'n klag van moord na die skietdood van die 40-jarige Moses Jimoh, 'n Nigeriese sakeman van Parys. Jimoh het n klere wassery in die dorp bedryf. Die polisie soek na minstens nog vyf buitlandse burgers wat betrokke was by die koelbloedige moord, Donderdag 21 Maart in Viljoenstraat, Parys. Die oorledene is op die toneel in die dorp se sakegebied dood nadat drie van die skote hom in die bors en nek getref het. Die moord vermoedelik na aanleiding van 'n struweling oor 'n transaksie. Vier skote is afgevuur waarop die verdagtes in 'n Mercedes en Hyundai van die toneel gevlug het. Die verdagte wat reeds gearresteer is, is ook van Parys.
top of page
Search
Recent Posts
See AllSHARPEVILLE - The Sharpeville SAPS is investigating the fatal shooting of a well-known businessman, Bro Maxi, who was gunned down at his...
EVATON - Police rescued a 55-year-old Pakistani businessman in Evaton, in the Vaal Triangle, and arrested four kidnappers, including two...
VANDERBIJLPARK - ActionSA in Gauteng sê hy is woedend oor die ANC-geleide Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit se skandelike teruggee van...
bottom of page
Comments