top of page
Search
Writer's picture90.6 FM News

No Name Bar in Vaalpark betreur afsterwe van Armand Botes

VAALDRIEHOEK - Die No Name Bar and Family Restaurant in Vaalpark, Sasolburg, het met hartseer die ontydige heengaan van hul vriend en No Name familielid Armand “Arrie” Botes bekend gemaak. Luidens ’n verklaring op die maatskappy se amptelike Facebook-blad, is Botes Woensdagoggend oorlede ná beserings wat hy opgedoen het in ’n motorfietsongeluk die vorige dag. Die restaurant het hul medelye met sy vriende en familie betuig en gesê hulle gaan sy vriendelike gesig, sy behulpsaamheid en sy rooi skoene baie mis.

FOTO: (No Name Bar and Restaurant)


17 views0 comments

Recent Posts

See All

Comments


bottom of page