top of page
Search
Writer's picture90.6 FM News

Numsa betoog vandag by SA Steel Mills in Meyerton oor werkersregte

MEYERTON - Vaaldriehoek motoriste word aangemoedig om die gebied rondom SA Steel Mills in Meyerton vandag eerder te vermy. Die metaalwerkersvakbond, Numsa, betoog volgens berigte vandag buite die kantoor van SA Steel Mills, wat as Alfeco Holdings handeldryf. Dit volg nadat die staalvervaardiger 165 werkers afgedank het nadat hulle deelgeneem het aan ʼn staking wat volgens die Arbeidshof wettig was. IOL berig die staking kom teen die agtergrond van 'n reeks gebeure wat gelei het tot nywerheidsoptrede in April nadat die nuwe bestuur van SA Steel Mills (nou Alfeco Holdings) nie ingestem het om die persoonlike eise van 'n aantal Numsa-agente te implementeer nie. Numsa se woordvoerder, Phakamile Hlubi-Majola, sê die maatskappy val werkers se grondwetlike reg om te staak aan. IOL het uitgereik na Alfeco Holdings vir kommentaar.

FOTO: (IOL)


4 views0 comments

コメント


bottom of page