top of page
Search

Numsa se staking by Menzies Aviation kan lughawens in vier provinsies raak

Writer: 90.6 FM News90.6 FM News

VAALDRIEHOEK - Die metaalwerkersvakbond, Numsa, sê sy lede by Menzies Aviation begin vandag staak, maar dit is onduidelik of dit vlugte self op die onderskeie lughawens kan raak. Werkers in Kaapstad, Oos-Londen, Gqeberha, King Shaka en OR Tambo in Johannesburg sal aan die staking deelneem. Die maatskappy se kliënte sluit in FlySafair, Qatar, Qantas en Cathay Pacific. Die vakbond se woordvoerder, Phakamile Hlubi-Majola, sê Menzies Aviation se bestuur weier om werkers wat permanent uurliks betaal word permanent maandeliks te betaal.

FOTO: (Verskaf)


 
 
 

Recent Posts

See All

Коментарі


906 VCR BANNER.png
bottom of page