Numsa vra vir ingryping by SA Steel Mills in Sedibeng.
- 90.6 FM News
- Oct 24, 2023
- 1 min read
SEDIBENG - Die metaalwerkersvakbond Numsa doen ‘n beroep op die Departement van Indiensneming en Arbeid om in te gryp by SA Steel Mills in Sedibeng, in die Vaaldriehoek, nadat gesmelte staal vier werkers verlede week gebrand het. Die bestuur skryf die ongeluk toe aan ‘n verkoelingswaterpomp wat stukkend was. Die vakbond beskuldig die onderneming dat hy wins bo veiligheid stel, en vra vir beslissende ingryping deur owerhede om verdere tragedies te voorkom. Numsa se woordvoerder, Phakamile Hlubi-Majola, sê die onderneming het reeds herhaaldelik versuim om veiligheid in die werkplek te verseker.


Comments