top of page
Search

Nuwe navorsing toon ‘n groot inkomste-ongelykheid onder werkende Suid-Afrikaners

VAALDRIEHOEK - Nuwe navorsing toon ‘n groot inkomste-ongelykheid onder werkende Suid-Afrikaners. Die Buro vir Marknavorsing se ondersoek na persoonlike inkomste het bevind dat sowat 70% van volwassenes wat in Suid-Afrika werk, gesamentlik verantwoordelik is vir slegs 10% van die totale kontantvloei-inkomste in die land. Volgens ‘n senior navorser van die buro, Jacolize Meiring, word die ongelykheid vererger weens die uitwerking van beurtkrag, strukturele probleme en die feit dat die Suid-Afrikaanse ekonomie nie werkskepping aanwakker nie. Sy sê in gevalle waar nuwe werksgeleenthede wel geskep word, strook dit nie met hoër salaris-posvlakke nie. Volgens Meiring is nog ‘n probleem waaraan die regering dringend moet aandag skenk, dat poste waar die minimumvereiste Graad 12 is, tans gevul word deur mense met tersiêre kwalifikasies. Dit beteken dat skoolverlaters met Graad 12, al minder geleenthede kry om die arbeidsmag te betree.

FOTO: (Verskaf)


2 views0 comments
bottom of page