Nywerheidsgas-verbruikersvereniging sê dapper besluite is nodig om gasvoorsiening te verseker
- 90.6 FM News
- May 21, 2024
- 1 min read
VAALDRIEHOEK - Die Nywerheidsgasverbruikersvereniging sê dapper, maar goedeurdagte besluite is nodig om so gou moontlik in gasenergie in Suid-Afrika te belê. Dit volg te midde van Sasol se beoogde verlaging in gasproduksie teen 2026. Dit kan tot 'n potensiële gaskrisis lei en die land se ekonomie tot R500-miljard per jaar kos. Jaco Human van die vereniging sê natuurlike gasoordrag ondersteun die land se program om van steenkool ontslae te raak.
FOTO: (Verskaf)
Comments