VAALDRIEHOEK - Die Ministers van Bosbou, Visserye en die Omgewing, Barbara Creecy, en van Water en Sanitasie, Senzo Mchunu, sê hulle neem kennis van openbare bekommernisse rakende die gebruik van die chemiese middel, glifosaat, om indringerplante uit die Vaalrivier deur Rand Water te verwyder. Die digte matte wat die water slaai vorm, verlaag die waterkwaliteit deur die lug-waterkoppelvlak te blokkeer en die suurstofvlakke aansienlik te verminder, wat kan lei tot visafsterwe en die algemene vermindering van akwatiese fauna- en flora-diversiteit. Die twee departemente sê in 'n gesamentlike verklaring dat die twee Ministers en ander betrokke partye vergader het en saamgestem het om vas te stel of die verwyderingsmetodes wat gevolg is, in lyn is met die regulasies en om 'n toekomstige plan te ontwerp wat sal verseker dat die verwydering van die indringerplante op 'n manier gedoen word wat geen skade aan die omgewing sal veroorsaak nie. Volgens die departemente, sal 'n verdere verklaring oor die pad vorentoe uitreik word nadat die ondersoek afgehandel is. ‘n Woordvoerder van die Omgewingsdepartment, Peter Mbelengwa, sê die indringerspesies van Suid-Amerika het teen ‘n ontstellende tempo weens rioolstortings toegeneem.
top of page
bottom of page
Comments