Onderwysdepartement het slegs 76% van gegradueerde onderwysers al geplaas
- 90.6 FM News
- Jan 3, 2024
- 1 min read
VAALDRIEHOEK - Die Departement van Basiese Onderwys erken sy pogings om gegradueerde onderwysers te plaas het nog nie die vereiste uitkoms opgelewer nie. Dit volg na die toekenning van bykans 12,000 beurse aan studente tussen April 2022 en Maart verlede jaar. Woordvoerder Elijah Mhlanga het aan eNCA bevestig slegs 76% van die gegradueerdes is geplaas.
FOTO: (Verskaf)
Comments