VAALDRIEHOEK - Die Gautengse Onderwysdepartement het nie-regeringsorganisasies en ander instellings versoek om te help met die voorkoming van leerder-selfdood. Die departement het ‘n styging in leerder-selfdood gesien. Die jongste geval is dié van ‘n graad ses-leerder wat sy eie lewe geneem het nadat hy na bewering by ‘n laerskool aan die Oos-Rand geboelie is. Die opvoedkundige sielkundige, Fred Schouwink, het aan eNCA gesê die toename is ‘n groot bron van kommer.
FOTO: (Verskaf)
Comments