top of page
Search

Onthou om jou voertuiglisensie betyds te hernu

VAALDRIEHOEK - Vaaldriehoek motoriste word herhinner om hulle voertuiglisensies vanjaar betyds te hernu. Die Padverkeersbestuurskorporasie sê meer as ‘n miljoen voertuiglisensies verval dié maand en eienaars moet pro-aktief optree om dit te hernu en boetes te vermy. Daar is ‘n 21-dae grasietydperk ná die vervaldatum om te hernu. Daarna word agterstallige heffings en boetes opgelê. Die woordvoerder van die korporasie, Simon Zwane, sê hulle stuur elke maand e-posse en SMS-aanmanings na eienaars wie se voertuiglisensies op die punt staan om te verval.

FOTO: (Verskaf)


7 views0 comments
bottom of page