top of page
Search
Writer's picture90.6 FM News

Onwettige mynbedrywighede in Sonlandpark vir nou gestaak.

VEREENIGING - Inwoners van die Houtkop-kleinhoewes sê hulle soek nie 'n myn op hul voorstoep nie. The Citizen berig inwoners van die Houtkop-kleinhoewes in die Sonlandpark-omgewing het teen João Geral, die eienaar, gekla oor vermeende onwettige mynbedrywighede op sy kleinhoewe. 'n Grondgebruikinspekteur van die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit het 'n kennisgewing aan Geral bedien, waarna hy aangekondig het dat hy gaan terugbaklei.Inwoners het hulle na die departement van minerale hulpbronne, sowel as die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit gewend omdat Geral glo onwettig grond myn en die vragte na ‘n perseel in Bedworthpark tussen Vereeniging en Vanderbijlpark laat aanry waar konstruksie van die Vaal River City tans plaasvind. Geral sê egter hy bou 'n akwaponiese dam op sy kleinhoewe en verkoop die opgegrawe grond teen 'n minimale bedrag vir konstruksiedoeleindes. Geral beweer dat hy as 'n boer die reg het om 'n dam te bou en dat hy goedkeuring van die stadsraad het.

Hy beplan glo 'n "groen stad," genaamd "Vaal Madeira," met sonkragopwekkingspanele, 'n mark, en 'n uitvoer van produkte na Madeira. Inwoners kla ook oor die afwesigheid van publieke vergaderings, impakstudies, en die beskadiging van paaie deur vragmotors. Geral sê sy boumateriaal word intussen gesteel terwyl die projek sloer.




7 views0 comments

Comments


bottom of page