Operasie Shanela is verby 300,000 arrestasies sedert stigting in Mei verlede jaar
- 90.6 FM News
- Jan 10, 2024
- 1 min read
VAALDRIEHOEK - Die polisie sê sedert Operasie Shanela in Mei verlede jaar bekendgestel is, is meer as 314,728 arrestasies uitgevoer. Operasie Shanela bestaan uit gereelde stop-en-deursoek-operasies; padblokkades en voertuig-kontrolepunte; hoësigbaarheid-patrollies; die opspoor van gesoekte verdagtes met ʼn fokus op moord- en verkragtingverdagtes; en nakomingsinspeksies by drankverkooppunte en handelaars van tweedehandse ware. Die nasionale polisiewoordvoerder, Athlenda Mathe, sê Operasie Shanela gaan nou verskerp word wanneer mense terugkeer werk en skool toe.
FOTOS: (SAPS)
コメント