top of page
Search
Writer's picture90.6 FM News

Ouers aangemoedig om op datum te bly met kinders se polio immuniseringskedule

VAALDRIEHOEK - Die Departement van Gesondheid doen ‘n beroep op Vaaldriehoek en ander SA ouers om op datum te bly met hulle kinders se immuniseringskedule om polio te voorkom. Wêreldpoliodag is verlede week herdenk en daar word gepoog om polio iets van die verlede te maak in Afrika. Die departement se woordvoerder, Foster Mohale, sê Suid-Afrika word sedert 2006 deur die Afrika-streeksertifiseringskommissie as ‘n poliovrye land gesertifiseer, maar die risiko van ingevoerde gevalle van die siekte bly hoog as gevolg van migrasie. FOTO: (Verskaf)




5 views0 comments

Comments


bottom of page