top of page
Search

OUTA kap Plaaslike Regeringswetsontwerp omdat dit ongerymdhede en politieke inmenging bevorder

Writer's picture: 90.6 FM News90.6 FM News

VAALDRIEHOEK - Die Organisasie teen Belastingmisbruik (OUTA) sê die voorgestelde Wetsontwerp op Plaaslike Regering: Algemene Wette is ʼn verspeelde geleentheid om munisipale bestuur te verbeter. Die organisasie glo dat dit aanspreeklikheid afwater deur die tydperk vir waarnemende munisipale bestuurders te verleng, en munisipale bestuurders wat onreëlmatig aangestel is tot drie maande in die amp te laat aanbly. Jonathan Erasmus van OUTA glo die wetsontwerp verlaag standaarde en laat potensieel onbevoegdheid toe, asook die wanbesteding van openbare fondse en verhoogde politieke inmenging.

FOTO: (Verskaf)


3 views0 comments

Recent Posts

See All

Comments


A New Design (1) (2).jpg
bottom of page