top of page
Search
Writer's picture90.6 FM News

Outomobiel Assosiasie verwag brandstofprysdalings vir Julie

VAALDRIEHOEK - Vaaldriehoek en ander Suid-Afrikaanse motoriste kan uitsien na ‘n moontlike blaaskans met ‘n verwagte petrolprysdaling volgende maand. Die Outomobiel Assosiasie verwag aansienlike brandstofprysdalings in Julie gebasseer op ongeouditeerde data van die Sentrale Energiefonds. Petrolpryse kan met sowat R1 per liter daal, terwyl diesel- en paraffienpryse met onderskeidelik ongeveer 30c per liter en 25c per liter kan daal. Woordvoerder Eleanor Mavimbela beklemtoon dat hierdie tweede opeenvolgende maandelikse daling verbruikers en die ekonomie sal bevoordeel.

FOTO: (Verskaf)


2 views0 comments

Comments


bottom of page