PARYS - Die uitvoerende burgemeester van Parys in die Vrystaat het munisipale werkers tydelik toegang tot hul kantore geweier omdat hulle gereeld laat by die werk opdaag. Die dringende maatreel is Maandag ingestel in reaksie op aanhoudende traagheid, afwesigheid en werkers wat vroeg huis toe gaan. Volgens berigte, het alle werkers Dinsdagoggend betyds vir werk opgedaag. Uitvoerende burgemeester van die Ngwathe-munisipaliteit, Victoria de Beer het verlede jaar onder skoot gekom oor die wanbestuur van die munisipaliteit en die gebrek aan basiese dienslewering. De Beer sê in ‘n verklaring sy is daartoe verbind om orde binne die munisipaliteit te herstel en die gladde werking daarvan in elke dorp te verseker. Volgens de Beer worstel die munisipaliteit met nienakoming van werkskedules, wat die doeltreffendheid en funksionaliteit van dienste in elke dorp nadelig beinvloed. Sy sê die inisiatief was nie om toegewyde werknemers te straf nie, maar eerder om ‘n katalisator vir positiewe verandering te skep om ‘n funksionele munisipaliteit te verseker, kwessies te pak wat vordering kortwiek. Veldwerkers is ook ingelig dat dieselfde vlak van erns by hulle toepepas gaan word om discipline en effektiwiteit on die groep te verseker.
top of page
bottom of page
Comments