VAALDRIEHOEK - Die organisasie, P-P-S Stop Plaasmoorde, doen ‘n beroep op die regering om vinnig op te tree teen die toenemende voorkoms van plaasaanvalle. Volgens die jongste statistiek het plaasaanvalle gedurende die laaste week in Julie in meer as vyf provinsies toegeneem, wat kommer laat ontstaan oor die veiligheid van sowel boere as plaaswerkers. ʼn Woordvoerder van die organisasie, Petrus Sitho, het aan Food for Mzansi gesê aanvalle ontwrig landboubedrywighede, wat lei tot ‘n afname in voedselproduksie. Sitho sê die regering moet die aanvalle daadwerklik stopsit om werksgeleenthede en voedselsekerheid te beskerm.
FOTO: (Verskaf)

Comments