top of page
Search

Plaasaanvalle in Suid-Afrika het in die derde kwartaal met 21% gestyg.

VAALDRIEHOEK - AfriForum het sy kommer uitgespreek oor die toename in plaasmoorde gedurende die derde kwartaal van vanjaar. Volgens die organisasie se woordvoerder vir Gemeenskapsveiligheid, Jacques Broodryk, was daar ‘n toename van 21% in plaasmoorde vergeleke met die tweede kwartaal. AfriForum se Afdeling Gemeenskapsveiligheid het tussen Julie en September 88 plaasaanvalle aangeteken, insluitend 13 moorde, terwyl daar tussen April en Junie 73 plaasaanvalle was wat 23 moorde ingesluit het. Broodryk beklemtoon die belangrikheid van die uitbreiding van strukture vir gemeenskapsveiligheid as gevolg van hierdie statistieke.



3 views0 comments

Comments


bottom of page