VAALDRIEHOEK - Die uitvoerende hoof van die Rand Water-groep, Sipho Mosai, beklemtoon die platform vir watersekerheid in Gauteng lui 'n nuwe era van hoop in. Die platform wat deur Sean Phillips van die departement van Water en Sanitasie gelei word, is bedoel om die uitdagings van watersekerheid in die provinsie te takel. Die sakesektor en die Wêreldbank ondersteun die inisiatief en doen 'n beroep vir gesamentlike optrede vir 'n beter toekoms. Mosai sê dit belangrik dat almal saamwerk om waterverbruik te verminder ten einde Dag-Zero in Gauteng te verhoed.
FOTO: (Engineering News)
Comments