Polisieforums vra Mchunu om misdaadbestryding-strategieë in te stel
- 90.6 FM News
- Jul 9, 2024
- 1 min read
VAALDRIEHOEK - Gemeenskaps-polisiëringsforums het die minister van Polisie, Senzo Mchunu gevra vir doeltreffende misdaadbestryding-strategieë. Die forums eis verbeterde polisie-sigbaarheid in hoë-misdaadgebiede, beter personeel-ontplooiing en bronne by polisiekantore en verbeterde reaksie-tye. 'n Verslag deur die Instituut vir Sekerheidstudies lig 'n 53% toename in moorde sedert 2012 uit en swak polisie-prestasie met die oplossing van sake. Gareth Newham van die instituut vra Mchunu om te fokus op die vermindering van vuurwapen-misdade en geweld, en om die polisiebestuur en tugproses te verbeter.
Comentarios