Poskantoor waarsku teen toename in bedrogskemas teen verbruikers
- 90.6 FM News
- Mar 18, 2024
- 1 min read
VAALDRIEHOEK - Die Suid-Afrikaanse Poskantoor waarsku teen 'n toename in bedrogskemas gemik op verbruikers. Bedrieglike SMS'se en e-posse vra ontvangers om hulle afleweringsaddresse binne 24-uur op te dateer om te keer dat hulle pakkies verloor of dit teruggestuur word, met die bedrieërs wat persoonlike inligting en betaling vra om pakkies vry te stel. Die Poskantoor raai aan mense moet nie bankbesonderhede deel met onbekende bronne nie en verduidelik hy vra nie aanlyn-opdatering van persoonlike inligting nie, en gebruik eerder SMS- of pos-kennisgewings vir die afhaal van pakkies.
Comments