Premier van Gauteng kondig verskeie eenhede aan vir beskerming van infrastruktuur
- 90.6 FM News
- Aug 1, 2024
- 1 min read
VAALDRIEHOEK - Die premier van Gauteng, Panyaza Lesufi, het die instelling van verskeie eenhede aangekondig om die provinsie se infrastruktuur te beskerm. Lesufi het sy begroting vir die Departement van Veiligheid en Sekerheid ter tafel gelê en die stigting aangekondig van 'n anti-grondbesettingseenheid en nog een vir die beskerming van die infrastruktuur van Eskom en Rand Water. Daar is ook 'n nuwe eenheid teen kabeldiefstal en een teen die konstruksiemafia.
Comments