top of page
Search

President Ramaphosa tevrede met die vordering in die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit.

VANDERBIJLPARK - President Cyril Ramaposa, tesame met 'n aantal ministers, insluitend die minister van water en sanitasie, Senzo Mchunu en Gautengse premier Panyaza Lesufi, het die afgelope Vrydag, 27 Oktober 'n toesigbesoek aan die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit gebring. Volgens Ramaphosa is Emfuleni een van die seer gebiede in ons land, veral wat water en sanitasie betref, waar waterbehandeling vir 'n baie lang tyd afgeskeep is en uitvloeiwater en afvalwater in mense se huise en in die Vaal Rivier gevloei het. Ramaphosa se besoek het begin met 'n begeleide toer deur die Sebokeng-afvalwatersuiweringsaanleg, wat onder die departement van water en sanitasie se artikel 63-ingryping val, gevolg deur die Evaton-Wes Pompstasie. Hy het later in vergadering getree met plaaslike belanghebbendes by die Vereeniging Gemeenskapsaal. Ramaphosa sê Rand Water is as die implementeringsagent aangestel om te verseker dat daar aandag gegee word aan diensleweringskwessies wat deur inwoners ervaar word en dat hy tevrede is met die vordering wat gemaak word. Hy sê werklike werk word gedoen en geld word goed bestee. Volgens Ramaphosa sal die departement van vervoer 'n projek begin om van die paaie in Emfuleni oor te doen.

Hy het die werk wat gedoen is, geloof sê dit is moontlik gemaak deur samewerking tussen belanghebbendes van sake-, godsdiens-, sport- en gemeenskapsgebaseerde organisasies.





6 views0 comments
bottom of page