top of page
Search

Ramaphosa sê Rand Water-aanleg in Vereeniging herbevestig verbintenis tot skoon water

VEREENIGING - President Cyril Ramaphosa het Rand Water se Zuikerboschstelsel-suiweringsaanleg van meer as vyf-miljard-rand in Vereeniging, Emfuleni, Gauteng, ingewy en die regering se verbintenis tot die lewering van skoon, veilige en betroubare water vir alle Suid-Afrikaners herbevestig. Rand Water bedryf die aanleg, onder die Departement van Water en Sanitasie. Dit is die grootste in Afrika en sal watersekerheid verhoog en die groeiende aanvraag in Gauteng ondersteun. Ramaphosa het tydens die geleentheid die Ministerie van Water en die Gautengse leierskap vir hulle pogings geloof. Hy sê water is 'n basiese reg en die lewensbloed van die gemeenskap, noodsaaklik vir gesondheid, landbou, nywerheid en vernuwing. Ramaphosa sê die aanleg verseker dat almal toegang het tot veilige water.

Ramaphosa sê verder toegang tot skoon water is 'n basiese reg, nie 'n luukse nie. Ramaphosa het gewaarsku swak watergehalte veroorsaak gesondheidskrisisse en ondermyn openbare vertroue. Hy het die regering se verbintenis tot die lewer van hoëgehalte, veilige water aan elke huishouding herbevestig en verbeterde infrastruktuur, die gebruik van digitale era-tegnologie en die versagting van klimaatsuitdagings bepleit.

 
 
 

Recent Posts

See All

Comments


Sleepwa Parte Apr 25_VCR Banner.png
bottom of page