VAALDRIEHOEK - Rand Water ontken berigte dat sy water in sommige dele van die Emfuleni-munisipaliteit besmet en giftig is. Dit volg ná stemboodskappe op sosiale media wat beweer water in die Vaal-gebied is besmet. Dit raai inwoners aan om nie kraanwater te drink nie. Rand Water se woordvoerder, Makenosi Maroo, sê die water wat aan inwoners verskaf word, is skoon en in ooreenstemming met die Suid-Afrikaanse Nasionale Standaard 241.
FOTO: (Rand Water)


Comments