top of page
Search

Rand Water bevestig die implementering van 'waterverskuiwing' in Gauteng.

VAALDRIEHOEK - Die minister van Water en Sanitasie, Senzo Mchunu, het die grootmaatwaterverskaffer Rand Water aangeraai om wateronderbrekings in Gauteng in te stel as tydelike maatreël om die waterprobleme in die provinsie op te los. Hy verwys na die onderbrekings as “waterverskuiwings” en sê dis ‘n bestuursmeganisme om die verskaffingstelsel te balanseer. In praktyk beteken dit dat water aan een deel van die bedieningstelsel afgeskakel word om aan ‘n ander gebied te verskaf. Rand Water bly ‘n geruime tyd reeds in gebreke om voldoende water aan die nutsmaatskappye in sy bedieningsgebied te verskaf. Intussen het die minister van Basiese Onderwys, Angie Motshekga, haar kommer uitgespreek oor ernstige watertekorte in verskeie gebiede in Gauteng. Sy is bekommerd dat dit leerders sal keer om die hele dag skool by te woon. Motshekga het tydens ʼn nuusonderhoud gesê haar departement hou die situasie fyn dop.




8 views0 comments
A New Design (1) (1).jpg
bottom of page