top of page
Search

Randwater draai Emfuleni se krane stywer toe

Writer's picture: 90.6 FM News90.6 FM News

VAALDRIEHOEK - Die VF Plus sê Randwater het Woensdag die Emfuleni-plaaslike munisipaliteit se krane stywer toegedraai weens die wanbetaling van sy lopende rekening van R140 miljoen. Die VF Plus se Gerda Senekal sê Randwater het reeds vyf jaar gelede begin om watertoevoer aan die munisipaliteit te verminder weens slegte skuld. Sy sê afbetalingooreenkomste is keer op keer gesluit, maar Emfuleni het in gebreke gebly om die ooreenkomste na te kom. Die munisipaliteit skuld Randwater in totaal R954 453 844,18. Die watervoorsiener het sover gegaan as om in April 2023 beslag te lê op Emfuleni se bankrekening wat daartoe gelei het dat dienslewering verder verswak het. Die VF Plus het die munisipaliteit gewaarsku om inkomste wat uit waterverkope verdien word, aan Randwater oor te betaal, maar Senekal sê die munisipaliteit betaal slegs ʼn minimale gedeelte van die geld aan Randwater.

Die party het verder aanbeveel dat nuwe dorpsontwikkelings van watermeters voorsien moet word. Verbruikers in die gebiede soos Tshepiso, Boitshepe, Bophelong, Ramaphosa, Boipatong en die Vaal Oewer-informele nedersetting betaal nie vir water nie wat groot geldelike verliese teweeg bring.

FOTO: (Verskaf)


12 views0 comments

Recent Posts

See All

Comentários


A New Design (1) (2).jpg
bottom of page